Goukou Plaaswag
Goukou Plaaswag
Goukou Plaaswag Hessequa
Wil dorpe, sowel as landelike gebiede dwarsoor die hele Hessequa Munisipale gebied van hulp wees t.o.v. landelike beveiliging.

Witsand, Heidelberg, Riversdal, Stilbaai, Albertinia, Gouritsmond en omligende landelike gebiede.

Waarom die Goukou Plaaswag?
Doelstelling
Goukou Plaaswag wil uiteindelik uit al die landelike gebiede van Hessequa ‘n groot aantal lede werf en saambind. Die doel daarmee is om ‘n struktuur van ondersteuning, hulp en veiligheid te skep waar gemeenskappe dan op drie verskillende vlakke onderling, sowel as oorhoofs, ten bate van elkeen met mekaar skakel. Die drie vlakke van skakeling is naamlik eerstens op mikrovlak, tweedens op middelvlak en derdens op makrovlak. Mikrovlak verwys hier na almal in ‘n klein bepaalde omgewing of plaasroete; middelvlak weer verwys na die landelike dorpsgemeenskap; en makrovlak verwys dan na die hele Hessequa-omgewing. Terselfdertyd word bande met die SAPD deurentyd opgebou en versterk. Alle bedrywighede vind plaas volgens wetgewing asook in samewerk met die SAPD en ander rolspelers.
Ons sukses en sterkte berus op die beginsel:
Help en Beveilig eers Jouself, dan jou Buurman, en dan jou Gemeenskap.

Bestaande Strukture en Aktiwiteite
Aktiewe Patrollies
Daar is reeds aktiewe patrolliegroepe toegerus met permitte vir spertye wat radiokommunikasie vir nood sowel as groepkommunikasie per selfoon toepas. Rekord van patrollies en insidente word bygehou en maandeliks aan lede gestuur.
24-uur Noodlyn
Noodstituasies vra nie watter tyd van die nag of dag dit is nie. Daarom is daar 'n 24/7/365 noodnommer waar iemand altyd gereed staan om te antwoord en die nodige persone te in kennis te stel of hulp te stuur.
Die nommer: 082 616 5332.
Samewerking
Goukou Plaaswag het reeds met die betrokke offisiere van die SAPD in die landelike gebiede van Hessequa ‘n forum tot stand gebring waar behoeftes en besprekings kan plaasvind wat spesifiek oor die landelike gebiede gaan.
Brandbestryding
Almal ken die gevaar, angs en skade wat brande jaarliks veroorsaak. Brandbystand word gelewer met 1m³ bakkie tenks met pompe.
Spoorsny
Goukou Plaaswag het reeds spoorgesny met van sy lede en hul honde. Ons vermoëe in hierdie kundigheid is met 100% vergroot wat vir ons ń meer gebalanseerde dekking oor die hele Hessequa streek bied.
Radionetwerk
R & S COMMUNICATION is ons radionetwerk diensverskaffer. Lede kan radio’s direk by hulle aankoop en ook laat instel op die GKP frekwensie.

Raak betrokke en help om 'n veilige gemeenskap te skep
Deur ondersteuning, hulp en betrokkenheid onder mekaar toe te pas, streef ons daarna om ‘n veilige gemeenskap te skep. ‘n Gemeenskap waar die goeie ou waardes van ken mekaar, gee om vir mekaar, en help mekaar nog toegepas word.

Vriende en Ondersteuners van die Goukou Plaaswag
R&S Communications
Putstop Droëvlakte
EasyComs Premium Internet
SMECounting & Web Development


SAAM VORM ONS 'N GEDUGTE SPAN
DIT IS JOU REG
Deur die rol wat Goukou Plaaswag tans in die Hessequa-area speel, is ons ‘n voorbeeld vir alle nuwe en bestaande Plaaswagte in die Wes-Kaap van hoe 'n Plaaswag moet funksioneer