Goukou Plaaswag
Goukou Plaaswag

Radiogebruiksooreenkoms
Voorkoming van Misdaad in ons Landelike en Dorpsgebiede
Goukou Plaaswag - Radiogebruiksooreenkoms
R&S COMMUNICATION (Markstraat 41, George. Tel nr. 044 873 3782) is ons radionetwerk diensverskaffer en lede kan radio's direk by hulle aankoop en laat instel op die GKP frekwensie. Twee addisionele noodkanale word ook deur hulle gelewer vir hulle algemene Hessequa-gemeenskap teen geen ekstra koste.
Hulle bied meer as 95% dekking deur die hele Hessequa-area. Lede moet egter self reel en verseker met R&S dat hulle dekking sal he indien hulle in topografies riskante areas woon.
Die RADIOGEBRUIKSOOREENKOMS moet deur alle lede wat van die radiodiens gebruik maak, voltooi word by die Lidmaatskap Afdeling van die Webtuiste. Dit kan direk op die Webtuiste teruggestuur word of ge-e-pos word na goukouplaaswag@gmail.com
Goukou Plaaswag - Ooreenkoms
  1. DIE DIENSVERSKAFFER
  2. Die gelisensieerde Diensverskaffer van die radionetwerk is R&S Communications (Markstraat 41, George. Tel nr. 044 873 3782).
    As GKP lid onderneem ek om:
    • Direk met R&S die diensleweringskoste, betalingsterme en diensleweringsvoorwaardes aan te gaan.
    • Op eie koste my radio/s aan te koop.
    • Self verantwoordelik te wees vir die instel van my radio/s by R&S.
    • Alleenlik ICASA goedgekeurde radio/s sal geprogrammeer word.
  3. GKP RADIONETWERK
    • Te alle tye goeie en verantwoordelike radioprosedures toe te pas.
    • Geen kru taal, diskriminerende en neerhalende terme, rassistiese uitlatings of ondertone, of haatspraak op die radio te gebruik nie.
    • Die frekwensies wat aan GKP toegestaan is, slegs vir amptelike GKP sake aan te wend.
    • Nie R&S se frekwensies na te speur, kopieer of enigsins my radio/s bloot te stel aan sulke aksies deur 'n derde party nie.
    • Indien ek sou bedank as GKP lid sal alle voorwaardes en verantwoordelikhede van hierdie ooreenkoms steeds geldig bly. By beeindiging van my deelname aan patrolliediens, aksies, operasies of ander GKP aktiwiteite onderneem ek om alle radio's waarop GKP se frekwensies geprogrammeer is binne 10 (TIEN) werksdae aan R&S te oorhandig sodat die gestoorde kanale gedeprogrammeer kan word